The transformative power of classical music | Benjamin Zander



Translator: Fanie Pretorius
Reviewer: Christo Crafford Van julle ken waarskynlik die storie
van die twee verkoopsmanne wat in die 1900's Afrika besoek het. Hulle's gestuur om te kyk
of daar geleentheid is om skoene te verkoop. Hulle stuur toe telegramme
terug na Manchester toe. Die een skryf: "Situasie hopeloos. Stop.
Hulle dra nie skoene nie." Die ander een skryf: "Uitstekende geleentheid.
Hulle't nog nie skoene hier nie." (Gelag) Daar's ’n soortgelyke situasie
in die wêreld van klassieke musiek, want party mense dink dat
klassieke musiek besig is om uit te sterf. En dan is daar van ons wat dink dis
nog net die begin van veel groter dinge. Eerder as om statistiek
en tendense aan te haal en julle te vertel van al die
orkeste wat ontbind, en die platemaatskappye wat sluit, het ek gedink ons kan vanaand
’n eksperiment doen. Dis nie regtig ’n eksperiment nie,
want ek weet wat die uitkoms is. (Gelag) Maar dis iets soos ’n eksperiment. Nou, voor ons — (Gelag) — voor ons begin,
moet ek twee dinge doen. Die een is dat ek julle wil herinner
hoe ’n sewejarige kind klink wanneer hy klavier speel. Miskien het julle so ’n kind by die huis. Hy klink omtrent so. (Musiek) Ek sien sommige van julle
herken hierdie kind. As hy ’n jaar lank oefen
en les neem, is hy nou agt en dan klink hy so. (Musiek) Dan oefen hy nog ’n jaar
en neem les — nou's hy nege. (Musiek) Dan oefen hy nog ’n jaar
en neem les — nou's hy tien. (Musiek) Op daardie stadium gooi
hulle gewoonlik tou op. (Gelag) (Applous) Maar as jy nog een jaar gewag het,
sou jy dit gehoor het: (Musiek) Wat gebeur het, is nie
wat julle dalk dink nie, dat hy skielik passievol
en betrokke geraak het, ’n nuwe onderwyser gekry het,
puberteit bereik het, of wat ook al. Wat in werklikheid gebeur het,
is dat die klemtone verminder is. Julle sien, die eerste keer het hy
elke noot beklemtoon. (Musiek) En die tweede, met die
klem op elke tweede noot. (Musiek) Julle kan dit sien deur na my kop te kyk. (Gelag) Die negejarige plaas die
klem op elke vierde noot. (Musiek) En die tienjarige op elke agt note. (Musiek) En die 11-jarige, een
klem op die hele frase. (Musiek) Ek weet nie hoe ons
hier beland het nie. (Gelag) Ek't nie gesê ek gaan my skouer
oor beweeg, my lyf beweeg nie. Nee, die musiek het my omgestoot, dis hoekom ek dit een-boud-spel noem. (Musiek) Dit kan ook die ander boud wees. (Musiek) ’n Man het een keer
na ’n aanbieding gekyk waar ek met ’n jong pianis gewerk het. Hy was die president
van ’n maatskappy in Ohio. Ek't met die jong pianis gewerk en gesê: "Die moeilikheid met jou is,
jy's ’n twee-boud-speler. Jy moet ’n een-boud-speler wees." Toe verskuif ek sy lyf so terwyl hy speel. En skielik het die musiek
lewe gekry — opgestyg. Die gehoor het na hul asems gesnak
toe hulle die verskil hoor. Toe kry ek ’n brief van dié man. Hy skryf: "Ek was so geroer. Ek't teruggegaan en my hele firma omskep in ’n een-boud-maatskappy." (Gelag) Die ander ding wat ek wou doen,
is om julle oor julleself te vertel. Daar is 1600 mense hier. Ek skat dat 45 van julle waarskynlik ’n absolute passie vir
klassieke musiek het. Julle is mal oor klassieke musiek.
Jul radio's is altyd op klassiek ingestel. Julle't CD's in julle motors en
julle woon simfoniekonserte by. Julle kinders speel instrumente. Julle kan nie jul lewens indink
sonder klassieke musiek nie. Dis die eerste groep;
’n redelike klein een. Dan's daar ’n groter groep. Dis mense wat niks teen
klassieke musiek het nie. (Gelag) Jy kom tuis na ’n lang dag en jy kry ’n glasie wyn
en gaan sit gemaklik. ’n Bietjie Vivaldi in die agtergrond
doen geen skade nie. Dis die tweede groep. Nou die derde groep. Dis mense wat nooit
klassieke musiek luister nie. Dis eenvoudig nie deel van jou lewe nie. Jy tel dit dalk nes sekondêre rook
by die lughawe op, maar — (Gelag) — en miskien ’n mars uit Aïda wanneer jy die saal instap. Maar andersins nooit nie. Dis waarskynlik die
grootste groep. En dan is daar ’n baie klein groepie. Dis mense wat dink dat hulle toondoof is. ’n Verbasende aantal mense dink hulle is. Ek hoor dikwels: "My man is toondoof." (Gelag) Die waarheid: Jy kan nie
toondoof wees nie. Niemand is nie. As jy toondoof was, sou jy
nie die ratte kon verwissel in jou motor met ’n handrat nie. Jy sou nie die verskil kon hoor tussen iemand van Texas en iemand van Rome nie. En die telefoon. Die telefoon. As jou ma op die elendige telefoon bel en sê: "Hallo," dan weet jy wie dit is
én in watter bui sy is. Jy het ’n wonderlike oor.
Almal het ’n wonderlike oor. So niemand is toondoof nie. Maar ek sê julle wat. Dit help nie ek gaan voort met die ding, met so ’n groot gaping
tussen dié wat verstaan, en wat passievol en lief
vir klassieke musiek is, en diegene wat glad geen
aanklank daarmee het nie. Die toondoof mense is nie meer hier nie. Maar selfs tussen daai drie kategorieë is die gaping te groot. Ek gaan dus nie voortgaan
totdat elkeen in hierdie vertrek, op die onderste vloer en in Aspen,
en almal wat hierna kyk, geleer het om klassieke musiek
lief te hê en te verstaan nie. So dis wat ons gaan doen. Julle sien dat ek nie
die geringste twyfel het dat dit gaan werk nie,
as julle na my gesig kyk, nè? Dis een van die eienskappe van
’n leier: Hy het geen twyfel aan die mense wat hy lei se vermoë om dit te bereik waaroor hy droom nie. Dink net, as Martin Luther King
gesê het: "Ek het ’n droom. Maar ek's nie seker
of hulle kans sien nie." (Gelag) Goed. Ek gaan ’n stuk van Chopin gebruik. Dis ’n pragtige prelude van Chopin. Van julle sal dit ken. (Musiek) Weet julle wat dink ek het
waarskynlik nou gebeur? Toe ek begin het, het julle gedink:
"Dit klink so pragtig." (Musiek) "Ek dink nie ons moet vir
die volgende somervakansie na dieselfde plek toe gaan nie." (Gelag) Dis snaaks, nè? Dis snaaks hoe sulke dinge
in ons gedagtes insluip. (Applous) As die stuk lank is
en jy't ’n lang dag gehad, mag jy selfs insluimer. Dan pomp jou metgesel jou in die ribbes en sê: "Word wakker! Dis kultuur!"
En dan voel jy nog slegter. (Gelag) Maar het dit al ooit by jou opgekom
dat die rede waarom jy vaak word met klassieke musiek nie
jou skuld is nie, maar ons s'n? Het iemand gedink,
terwyl ek gespeel het: "Waarom gebruik hy soveel klemtone?" As ek dit met my kop gedoen het,
sou julle beslis so gedink het. (Musiek) En vir die res van julle lewens
sal julle altyd bewus wees van die klemtone wanneer
julle na klassieke musiek luister. Kom ons kyk wat regtig hier aangaan. Ons het ’n B. Dis ’n B. Die volgende noot is ’n C. En die C se taak is om
die B treurig te maak. En dit werk, of hoe? (Gelag) Komponiste weet dit. As hulle treurige musiek wil hê,
speel hulle net dié twee note. (Musiek) Maar basies is dit net ’n B,
met vier treuriges. (Gelag) Nou gaan dit af na A. Nou na G. En dan na F. So ons het B, A, G, F. En as ons B, A, G, F het, wat verwag ons volgende? (Musiek) O, dit was seker toeval. Kom ons probeer weer. (Musiek) (Gehoor sing) O, die TED-koor. (Gelag) En julle let op dat niemand
toondoof is nie, ne? Niemand nie. Julle weet, elke dorpie in Bangladesh en elke gehuggie in Sjina — almal weet: da, da, da, da — da. Almal weet om ’n E daar te verwag. Chopin wou nie daar by
die E uitgekom het nie, want wat sou gebeur het? Dit sou verby wees, soos Hamlet, nè? Eerste bedryf, derde toneel: hy vind uit dat sy oom
sy pa vermoor het. Hy hou aan om sy oom te nader
en hom amper dood te maak. Dan tree hy terug, nader hom weer
en maak hom amper dood. En die kritici daar in die agterste ry, hulle moet ’n opinie hê,
so hulle sê: "Hamlet sloer." Of hulle sê: "Hamlet het
’n Oedipus-kompleks." Nee, anders sou die opvoering
verby gewees het, simpel! (Gelag) Dis waarom Shakespeare
al daai goed in het — Ophelia wat mal word,
die storie in die storie, en Yorick se kopbeen, en die grafgrawers. Dis om uit te stel — tot die vyfde bedryf,
dan kan hy hom doodmaak. Dieselfde geld vir Chopin. Hy wil net-net E bereik, en hy sê: "Oeps, ek moet liewer
terug gaan en dit weer doen." Dan doen hy dit weer. Nou raak hy opgewonde. (Musiek) Dis opgewondenheid,
moenie bekommer nie. Nou kom hy by F-kruis uit
en uiteindelik gaan hy af tot by E, maar dis die verkeerde sleutel — want die sleutel waarna
hy soek is dié een en in plaas daarvan doen hy … Nou, ons noem dit misleidende intonasie, want dit mislei ons. Ek sê altyd vir my studente:
"By misleidende intonasie, lig julle wenkbroue, dan weet almal." (Gelag) (Applous) Goed. Hy kom by E uit, maar
dis die verkeerde sleutel. Hy probeer E weer. Daai sleutel werk nie. Nou probeer hy die E weer.
Die sleutel werk nie. Nou probeer hy E weer,
en dit werk nie. En dan, uiteindelik … Daar is ’n man in die
voorste ry wat so "Hmf" sug. (Gelag) Dis dieselfde ding wat hy doen
wanneer hy na ’n lang dag by die huis kom, sy motor afskakel en sê: "A, ek is tuis." Want ons weet almal wanneer ons tuis voel. Dis dus 'n stuk wat van
weggaan af weer tuiskom. Ek gaan dit regdeur speel
en julle gaan volg. B, C, B, C, B, C, B — af na A, af na G, af na F. Amper tot by E, maar dan
sou die opvoering verby wees. Terug op B toe,
raak baie opgewonde. Na F-kruis toe. E toe. Dis die verkeerde akkoord. En uiteindelik na E, en dis tuis. En wat julle gaan sien, is een-boud-spel. (Gelag) Want vir my, om die B en die E te verbind, moet ek ophou dink aan elke
enkele noot op hierdie roete en begin dink aan die
lang, lang lyn van B tot E. Julle weet, ons was pas in Suid-Afrika,
en jy kan nie Suid-Afrika toe gaan sonder om aan Mandela wat 27 jaar lank
in die tronk was te dink nie. Waaraan het hy gedink? Middagete? Nee, hy't gedink aan
die visie vir Suid-Afrika en ’n visie vir die mensdom. Dit gaan oor visie.
Dit gaan oor die lang lyn. Soos die voël wat oor die veld vlieg en geen aandag gee aan
die heinings daar onder nie, nè? Nou gaan julle die lyn
al die pad volg, van B tot E. Ek't een finale versoek
voor ek die stuk regdeur speel. Dink aan iemand wat jy baie liefhet, wat nie meer daar is nie? ’n Geliefde ouma, ’n beminde — iemand in jou lewe wat
jy met jou hele hart liefhet, maar die persoon is nie meer by jou nie. Dink aan daai persoon en volg terselftertyd die lyn al die pad van B na E, en jy sal alles hoor wat
Chopin te sê gehad het. (Musiek) (Applous) Julle wonder dalk nou — (Applous) Julle wonder dalk hoekom ek saam klap. Ek't dit by ’n skool in Boston gedoen met omtrent 70 graad sewes — 12-jariges. Ek't presies dieselfde met hulle gedoen, en die hele ding verduidelik. En aan die einde het hulle
soos besetenes geklap. Ek't geklap. Hulle't geklap. Tot ek gevra het: "Waarom klap ek?" En een van die kleintjies sê:
"Want ons het geluister." (Gelag) Dink daaraan. 1600 mense, besige mense, wat by allerhande dinge betrokke is, aan't luister, verstaan en geraak word deur ’n stuk van Chopin. Dit is merkwaardig. Is ek seker dat elkeen dit gevolg en verstaan het en daardeur geraak is? Natuurlik nie. Maar ek vertel julle wat
met my in Ierland gebeur het, tydens hulle moeilikhede, 10 jaar gelede. Ek't met 'n klompie Katolieke en
Protestantse kinders gewerk oor konflikoplossing. Toe doen ek dit met hulle — ’n gewaagde ding, want
hulle was straatkinders. En een van hulle kom die
volgende oggend na my toe en hy sê: "Jy weet, ek het nog nooit na
klassieke musiek geluister nie, maar toe jy daai 'shopping' stuk speel …" (Gelag) Hy sê: "My broer is laas jaar geskiet
en ek't nie oor hom gehuil nie. Maar gisteraand toe jy daai stuk speel, was hy die een waaraan ek gedink het. En ek't gevoel hoe trane
oor my gesig stroom. En dit het regtig goed gevoel
om oor my broer te huil." Op daardie oomblik het ek besluit dat klassieke musiek aan almal behoort. Almal. Nou, hoe sou julle loop — my professie, die musiekprofessie
sien dit nie so nie. Hulle sê 3% van die bevolking
hou van klassieke musiek. As ons dit maar net kon opstoot na 4%
sou ons probleme opgelos wees. (Gelag) Hoe sou jy loop? Hoe sou jy praat? Hoe sou jy wees as jy gedink het
3% hou van klassieke musiek? As ons dit maar net kon opstoot na 4%. Hoe sou jy loop of praat? Hoe sou jy wees as jy gedink het
almal is lief is vir klassieke musiek — hulle't dit nog net nie ontdek nie. Sien, dis totaal verskillende wêrelde. Ek't ’n wonderlike ervaring gehad — ek was 45 jaar oud. Ek dirigeer toe al 20 jaar lank, en skielik het ek iets besef. Die dirigent van ’n orkes
maak nie ’n geluid nie. My foto verskyn voor op die CD — (Gelag) Maar die dirigent maak nie ’n geluid nie. Vir hom om mag te hê, is hy afhanklik van sy vermoë
om ander mense te bemagtig. En dit het alles vir my verander. Dit was ’n totale lewensomkeer. Mense in my orkes het gesê: "Ben, wat het gebeur?."
Dis wat gebeur het: Ek't besef dat my taak is
om moontlikheid in andere te wek. Natuurlik wou ek weet
of ek dit doen. En weet julle hoe mens dit bepaal? Jy kyk na hulle oë. As hulle oë blink,
dan weet jy dat jy daarin slaag. Jy kan ’n dorpie van lig voorsien
met hierdie man se oë. (Gelag) So as die oë blink,
weet jy dat jy slaag. As die oë nie blink nie,
moet jy ’n vraag vra. En die vraag is: Wie is ek besig om te wees, dat my spelers se oë nie blink nie? Ons kan dit met ons kinders ook doen. Wie is ek besig om te wees, dat my kinders se oë nie blink nie? Dis ’n totaal ander wêreld. Nou, ons moet amper hierdie magiese,
op-die-berg week beëindig, en ons gaan terug na die wêreld. En ek sê dis gepas dat ons die vraag vra: Wie is ons besig om te wees wanneer
ons teruggaan na die wêreld toe? En weet julle,
ek't ’n definisie van sukses. Dis baie eenvoudig. Dit gaan nie oor rykdom, roem of mag nie. Dit gaan oor hoeveel
blink oë ek om my het. En nou het ek een laaste gedagte, en dis dat dit regtig
’n verskil maak wat ons sê — die woorde wat uit ons mond kom. Ek't dit geleer van ’n vrou
wat Auschwitz oorleef het, een van die min oorlewendes. Sy is Auschwitz toe op 15. En … haar broer was agt, en hulle ouers was verlore. En sy't vir my gesê: "Ons was in die trein op pad Auschwitz toe en ek't afgekyk en gesien dat
my boetie se skoene weg was. Toe sê ek: "Hoekom is jy so simpel,
kan jy nie jou goed bymekaar hou nie, om hemelsnaam!" Soos ’n ouer suster dalk
met haar jonger broer sou praat. Ongelukkig was dit die laaste ding
wat sy ooit vir hom gesê het, want sy't hom nooit weer gesien nie. Hy't nie oorleef nie. Toe sy uit Auschwitz kom,
het sy ’n eed geneem. Sy't my vertel. Sy't gesê: "Ek't uit Auschwitz
die lewe ingeloop en ek't myself iets belowe. Die belofte was: "Ek sal nooit iets sê wat nie
aanvaarbaar as my laaste woorde is nie." Kan ons dit doen? Nee. Ons sal misluk en ander ook. Maar dis ’n ideaal om na te streef. Dankie. (Applous) Blink oë! Blink oë! (Applous) Dankie, dankie. (Applous)

45 Replies to “The transformative power of classical music | Benjamin Zander”

  1. Unexptected (,/'_'.)
    https://chrome.google.com/webstore/detail/threelly-ai-for-youtube/dfohlnjmjiipcppekkbhbabjbnikkibo

  2. OMG I had totally forgotten about this video, this video was what inspired me to start learning piano almost 10 years ago! That Chopin piece was one of the first things I learnt to play.

  3. One of the quickest 20 minutes of my life. Great talk. Great music. Great guy. Thank you Benjamin.

  4. I've watched many, many TED Talks and I've found something valuable and/or useful in them. But this one by Zander shook me. What an amazing man.

  5. Jungle conclusions…. https://chrome.google.com/webstore/detail/threelly-ai-for-youtube/dfohlnjmjiipcppekkbhbabjbnikkibo

  6. AAAGHHH! His breath is off putting this beautiful melody… really distracting.. I wonder what the audio guy was doing in this TED talk…
    could have just decreased the sensitivity of the mike while he was playing..

  7. This is brilliant! I can't believe how easily he makes me relate to something that I've always loved, but which I've always felt was a bit alien in terms of practice.

  8. If I had him as my piano teacher, I probably would have stuck with it. Instead I got 5 years of my fingers being smashed into the keys.

  9. Today is the first time for me to discover Benjamin Zander. What a great guy. Inspiring, educating, and exciting. Thank you sir!

  10. This is beautiful. The most moving TED talk I've heard yet. Makes me proud to be a musician.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *